Weerstandigheid teen bosluisdoders in Suid-Afrika:

Inleiding

Weerstand verwys na die oorerflike vermoë van bosluise om blootstelling aan chemiese verbindings te oorleef wat normaalweg dodelik sou wees by voorgestelde konsentrasies. In veeproduksie benadeel weerstandigheid teen bosluisdoders die doeltreffendheid van chemiese bosluisbeheer. Dit verhoog die bestuurskoste van bosluise, en dra by tot die vergroting van gevaarlike bosluis-oordraagbare siektes.

In Suid-Afrika, waar bosluisdoders histories die grondslag van bosluisbeheer gevorm het, het weerstand ‘n belangrike beperking vir ekonomiese en volhoubare veeproduksie geword. Die literatuur dui aan dat weerstand in Suid-Afrikaanse bosluispopulasies progressief ontwikkel het in reaksie op langtermyn- en herhaalde blootstelling aan opeenvolgende klasse bosluisdoders.

Alhoewel vroeë verslae hoofsaaklik op 1-gasheerbosluise soos Rhipicephalus (Boophilus) decoloratus en Rhipicephalus (Boophilus) microplus gefokus het, het latere studies ook weerstandspatrone in multi-gasheerbosluise uitgelig.

Hierdie bewyse toon dat die ontwikkeling van weerstand nie ‘n enkele gebeurtenis is nie, maar ‘n kumulatiewe proses wat gevorm word deur die gebruik van chemiese bosluisdoders, die biologie van die bosluis, omgewingsfaktore en gehalte van bosluisbestuurspraktyke.

Historiese ontwikkeling van weerstand.

Die vroegste gepubliseerde bewyse van bosluisweerstand in Suid-Afrika dateer uit 1941, toe laboratoriumtoetse en studies weerstandigheid teen arseen in die Afrika bloubosluis, Rhipicephalus (Boophilus) decoloratus, bevestig het. Hierdie bevinding het die begin van gedokumenteerde weerstand teen die beskikbare bosluisdoders in Suid Afrika gemerk en bevind dat onkundige chemiese beheerstrategieë, die doeltreffendheid in bosluisbeheer verwater as dit oor tyd herhaaldelik gebruik word.

Latere verslae het getoon dat weerstand teen arseen nie tot ‘n enkele bosluisspesie beperk was nie. Weerstand is later in ander spesies van ekonomiese belang aangeteken, soos die Asiatiese bloubosluis, die rooipootbosluis, die bruinoorbosluis, die bont- of hartwaterbosluis. Hierdie spesies is meergasheerspesies met verminderde blootstelling aan dipstowwe en selfs hulle kan hulself weerstandig teen die groepe akarasiedes selekteer.

Teen die vroeë 1950’s het weerstand verder net weerstand teen arseen uitgebrei. Weerstand teen benseen-heksachloried (BHC) is in 1952 gerapporteer. Daarna het weerstand teen DDT en piretriene in 1956 gevolg.

Die ontwikkeling van weerstand teen verskillende dodelike chemiese verbindings het bewys dat die vervanging van een klas dipstowwe met ‘n ander groep, tydelike verligting, maar dat nuwe weerstandige seleksies weer nuwe weerstandbiedende populasies kan skep.

Weerstand teen die hoofgroepe of klasse bosluisdoders

Die “te veel gebruik” of wydverspreide gebruik van organofosfate het veroorsaak dat weerstand by R. (B.) decoloratus ontwikkel het. Later bewyse het aangedui dat weerstand ook by multi-gasheer bosluise voorkom, soos die bruinoorbosluis en die rooipootbosluis.

Hierdie bevindinge is baie betekenisvol. Omdat dit wys dat weerstand nie beperk is tot een-gasheer-bosluisspesies nie, selfs al mag een-gasheer-bosluise meer konsekwente blootstelling aan hul bosluisdoders hê gedurende hul lewensiklus.

Die afname in die genoemde vroeëre chemiese groepe, het weer veroorsaak dat langdurige gebruik van sintetiese pirotiroïede die alternatief was, totdat dit ook te veel gebruik is, Hierdie ontwikkeling in weerstandigheid teen pirotiroïede is in Suid-Afrika waarskynlik een van die mees prominente probleme veral onder bloubosluise.

Verdere studies het ook al amidiene geïdentifiseer. Die ontstaan van multiweerstand teen groepe bosluisdoders is veral belangrik vanuit ‘n ekonomiese en bestuursperspektief, omdat dit die aantal effektiewe chemiese opsies wat vir produsente beskikbaar is, verminder.

Onlangse Suid-Afrikaanse studies het hoë vlakke van weerstand teen sipermetriene geïdentifiseer.

Genetiese en Biologiese Basis van Weerstand

Weerstand word oor die algemeen verstaan as ‘n genetiese faktor en eienskap wat in hoë frekwensie van bosluisdoders toeneem.

 Brown se bevindinge in 1976, het veral tot hierdie begrip bygedra. Brown se bevindinge het beklemtoon dat weerstand teen chemiese verbindings in bosluise, asook ander geleedpotige diere geneties bepaal word. Wanneer bosluisdoders herhaaldelik gebruik word, word die vatbare individue uit die populasie wel verwyder, maar die weerstandige individue bly agter oorleef en dra hierdie weerstandige eienskappe en vermoëns aan die volgende generasies oor.

Vanuit ‘n akademiese oogpunt, word ‘n bosluispopulasie as vatbaar beskou wanneer die aanbevole dosis van die bosluisdoder se aktief die verwagte vlak van vrektes veroorsaak. Die oorlewing van bosluise na korrekte behandeling bewys nie outomaties weerstand nie. Oorlewing kan wees weens te min doodmaakmiddel, onderdosering , verkeerde toediening, foute met die verdunning of bedekking van bosluisdoder op die dier.

Implikasies vir bosluisbeheer in Suid-Afrika

Die literatuur toon konsekwent dat weerstand teen bosluisdoders ekonomiese, diergesondheid en ander implikasies het.

Weerstandbiedende bosluise verminder die doeltreffendheid van produksie, verhoog produksiekoste en kan die potensiaal van bosluis-oordraagbare siektes, soos babesiose, anaplasmose en hartwater, vergroot.

Strategiese geïntegreerde bosluisbestuur is die antwoord op volhoubare ekonomiese bestuur teen weerstandigheid.  

Leave a Reply

Discover more from dipmasterblog

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading