Dipmaster:
Die Dipmaster is ‘n unieke dipstelsel sonder enige afhanklikheid aan arbeid, kragbron, tyd, bestuur, dipverliese en die blootstelling aan dipstowwe.
Hierdie skrywe beskryf die kostes verbonde aan tradisionele dipprogramme
Die intrinsieke koste van tradisionele dipprogramme
Inleiding
Die ekonomiese impak van weerstandige bosluisspesies in beestroppe is nie beperk tot die koste van bosluisdoders alleen nie. Weerstandigheid veroorsaak dat meer bosluise behandelings oorleef, wat hoër bosluisladings en populasies tot gevolg het.
In effek: ‘n verhoogde weidingbesmetting, groter bosluisgedraagde siektes en bestuursrisiko’s, verminderde groei en verminderde melkproduksie, laer vrugbaarheid, verhoogde velskade, stygende arbeids- en ook verhoogde siektebestuur- en/of veterinêre kostes.
By bloubosluise kan selfs ‘n klein aantal weerstandige wyfies ‘n weerstandige bosluispopulasie handhaaf. Weens die vermoë om hul lewensiklus in kort tydperke te verhoog, kan die weerstandige populasie in kort tydperke uitbrei, omdat elke wyfie duisende eiers kan lê.
Die gevolg is ‘n saamgestelde ekonomiese verlies: Produktiwiteit van produksiediere wat verlaag, dit terwyl die koste van bosluisbeheer toeneem.
Tradisionele metodes van bosluisbeheer se kostekomponente.
Tradisionele maniere om bosluise op diere te beheer, vereis die volgende intensiewe faktore van arbeid.
Elke faktor het intrinsieke kostekomponente.
- Die versameling van die diere (arbeid)
- Die aanjaag na ‘n plek waar die dip kan plaasvind (stresfaktore en gewigsverlies)
- Die koste van doelgemaakte fasiliteite en die instandhouding daarvan. (Onderhoudskostes)
- Tyd en toesig (bestuurskoste)
- Blootstelling aan bosluisdoders (mediese en potensiële gesondheidsrisiko)
- Stres op die diere.
- Vermorsing
Ken jou plaas, ken jou vyand. Deel 1.
Bosluisbeheer is nie ‘n lukrake toediening van dipstof op diere nie.
Suksesvolle beheer is ook nie ‘n faktor wat in ag geneem moet word weens spesiale pryse en aanbiedings wanneer produkte aangekoop word nie. Wat bosluise gaan beheer, is effektiewe dipstof wat bosluise gaan dood, sonder om weerstandigheid teen die dipstof te bevorder.
Tweedens, verskillende bosluisspesies van ekonomiese belang, vereis verskillende strategieë en ingeligte bestuursbesluite naas die kostes wat dit vereis. Vergelyk die lewensiklusse van eengasheer-, tweegasheer- en driegasheerbosluise met mekaar. Dit beklemtoon die hoe-, wat, waar, en die wanneer vraagstuk en, met wat?
By alle spesies is die allele-faktor betrokke. Dit is individue wat nie vatbaar is vir die aktief van enige sintetiese bosluisdoders op die mark nie. En die gevaar is, sou die individue bymekaar kom, en hulle doen wel weens onkundige dipbestuur, teel hul weerstandige groepe bosluise.
Naas die opbou van weerstandigheid teen bosluisdoders, is van die belangrike meergasheerspesies (2 en 3-gasheerbosluise) vir baie kort tydperke, slegs enkele dae, tussen drie en vyf dae, soms tot sewe dae vir ‘n bloedmaal op die gasheer, waarna hul afval om hul lewensiklus te voltooi.
Hierdie meergashere verkeer die grootste gedeelte van hul lewensiklus op die grond, wat soms oor 2-3 jaar kan strek. Soos die Karooverlammingsbosluise, en in daardie drie jaar tydperk kollektief waarskynlik net sowat 15 dae op ‘n gasheer deur hul hele lewensiklus vertoef.
Volgesuigde wyfies soek habitatte waar hul kan skuil en oorleef. Dit is skeure in die grond, onder klippe, onder digte struike en graspolle se wortels of ander ideale habitatte wat hul oorlewing kan verseker.
Die onderskeie bosluisspesies het unieke individuele karaktereienskappe.
- Hul het ook eie en unieke lewensiklusse
- Unieke tydperke van voeding op die gasheer
- Het unieke voorkeur aanhegtingsplekke op hul gashere, soos ore, stertpunt, anus, uier en geslagsdele
- Hul lewensiklusse seisoenale hoogtepunte wat bestuur moet word.
- Hul het unieke seisoenale aktiwiteite tydens lente, somer, herfs, winter
- Hul is uniek in hul reaksie teenoor klimaatsomstandighede.
- Hul broei uit of nie uit nie weens temperatuur, sonlig, hitte en lugvogtigheid.
- Nie een spesie aktiwiteite is dieselfde nie
- Bosluise het unieke voorkeur vir spesifieke habitatte
- Het unieke aanpasbaarheid en oorlewingstrategieë in die mikrohabitatte
- Dra individuele siektekomponente
- Vereis spesifieke medisyne en veterinêre kostes
- Bosluise het individuele eienskappe oor wat hul oordra, waarmee hul besmet, hoe dit in eiers of speeksel oorgedra word aldan nie.
Bogenoemde faktore verduidelik waarom ekonomiese en effektiewe bosluisbeheer met kundigheid en deeglike kennis bestuur word. Selfs dit waarborg nie dat bosluisbeheer 100% effektief sal wees en dat daar nie moontlike verliese kan ontstaan nie.
Die bestuur van weerstandige bloubosluispesies.
Eengasheer bosluise se Lewensiklus
Die twee bosluisspesies van belang is
- Rhipicephalus (Boophilus) decoloratus en
- Rhipicephalus (Boophilus) microplus
- Daar is ‘n derde spesie van belang, naamlik die winterperdebosluis, wat nie hier bespreek word nie.
Ander benamings van die twee bosluisspesies is
- Die Afrika bloubosluis, R. (B.) decoloratus, en
- Die pantropiese of Asiatiese bloubosluis, R. (B.) microplus.
Albei is eengasheerbosluise.
Eengasheerbosluise voltooi die wyfies 3 van hul 4 lewensiklusse op dieselfde gasheer. In hul volwasse of die 4de fase, val die wyfies af grond toe waar hul eierlegging oor ‘n paar dae in skeure in die grond of onder graspolle, om die volgende geslag bloubosluise te produseer.
Bloubosluismannetjies het waarskynlik ‘n langer leeftydperk. Hul bly op dieselfde gasheer, of kan wanneer diere teenmekaar staan in ‘n drukgang of kraal van een dier na ‘n volgende oorklim.
Larwes, nimfe en volwassenes voed op dieselfde gasheer. Die wyfies bly grootliks op die dieselfde gasheer.
Bosluise kan ‘n koei op verskeie belangrike maniere affekteer:
- Bloedverlies en bloedarmoede
Bloubosluise is meedoënlose, bloedsuiende parasiete. Hul het een doel voor oë. Om hul lewensiklus te voltooi, kan dit net met genoegsame bloed voltooi word. Swaar besmettings sal diere se groei en energie inhibeer en bloedarmoede veroorsaak. Anemie vertoon bleek in die dier se onderskeie slymvliese.
Studies in Australië het bevind dat die speeksel van bloubosluise toksiese elemente bevat (groei-inhibeerders) wat die gras/voer-tot-vleis-omset per kg, met tot 10% van die speenkalf se potensiaal kan verminder. In die studies het die placebogroep, die groep waar daar nie bosluisbeheer plaasgevind het nie, het van die diere tot 50 kg minder geweeg by speengewig oor die studie tydperk.
Die koste van die toksiese speeksel se ekonomiese impak word nie altyd in ag geneem of bereken by bosluisbeheer nie.
Bloubosluise se ekonomiese effek is nie net die potensiële effek van siektes soos galsiek en rooiwater nie. Bosluise wat nie met die organismes besmet is nie, het net so groot ekonomiese impak op ‘n dier se vleisproduksie.
In ‘n persoonlike gesprek, (Heloise Heyne, Onderstepoort) kan daar verwag word dat ‘n enkele bloubosluiswyfie tot 5 milliliter bloed kan opneem oor haar lewensiklus van 24 dae. Getalle van bloubosluise word onder in detail bespreek.
- Velirritasies en wonde.
Bosluisbyte penetreer die vel en veroorsaak irritasies waar die hegting plaasvind. Die bytplekke kan ontsteek, pynlik raak en ander parasiete, soos vlieë en brommers, lok. Irritasies beïnvloed die opname van weiding en voer. Dit het ‘n impak op groei en ook melkproduksie.
‘n Bosluisbesmette bees spandeer baie energie om van irritasies ontslae te raak. Die liggaam word onder druk geplaas om bloedverlies aan te vul en infeksies te beveg, in plaas daarvan om suksesvol te groei, suksesvol voort te plant en genoegsame melkproduksie te lewer.
- Groei-inhibeerders in bosluis-speeksel
Bloubosluise se invloed is nie net beperk tot die erkende siektes nie. Die literatuur (Nuttal& Nuttal et al) beweer dat minder as 10% van die bloubosluise op ‘n plaas met galsiekte en rooiwater besmet is. Die groei-inhibeerders in die bosluise se speeksel se onsigbare invloed is nie net verminderde melkproduksie en vrugbaarheid nie, maar die werklike verlies word in die vermindering van vleis, melk, vrugbaarheid en groei gevind.
- Skade aan die huid of vel.
Bosluisbyte kan die vel littekens gee, wat die kwaliteit en waarde van velle en leer verminder.
- Oordrag van siektes
Bloubosluise se bekende siektes is rooiwater (babesiose) en galsiekte, (anaplasmose). Verskeie ander bosluisspesies wat saam met bloubosluise op dieselfde plaas voorkom, veroorsaak verskeie ander siektes, infeksies, huidskade, orgaanskade soos spene, geslagsdele, stertpunte en ore. Afhangende van die bosluisspesie en die klimaatstreek waarin geboer word.
Die rol wat stres speel deur die impak wat bosluise het, het ook ‘n invloed op produksiediere se natuurlike vermoë om alle siektes wat ‘n rol mag speel te weerstaan.
Bosluisgetalle op ‘n gasheer.
Bloubosluiswyfies met die blote oog waargeneem, het ‘n interessante populasie profiel.
‘n Bloubosluiswyfie, nadat sy bloedmaal geneem het, bevrug is en afgeval het, lê oor ‘n paar dae tussen 2500 en 3000 eiers op die grond. Wat onder plante kan wees en krake in die grond, waar die eiers dan uitbroei en die volgende generasie bloubosluise vorm.
- Die larwes is die eerste aktiewe stadium.
Die larwes klim op gras of plantegroei en wag vir ‘n geskikte gasheer om verby te kom. Sodra hulle heg, begin die larwe na sowat 8 ure te voed en voed tussen 5-7 dae. Na die tydperk omvorm hul na die volgende fase in hul lewensiklus, terwyl hul op dieselfde gasheer bly.
- Nimffase
Nimfe, soos larwes, voed ook vir sowat 5-7 dae wyl hul ook op dieselfde gasheer bly. Na die bloedmaal omvorm hul na hul volwasse fase steeds op die dieselfde gasheer.
- Volwasse bosluise
In die stadium van volwassenheid is die wyfie nog nie geslagsryp nie. Sy moet in die volgende 3-4 dae ‘n groot bloedmaal neem om die eiers se ontwikkeling te ondersteun, waarna sy paar, haarself losmaak van die gasheer en om op die grond ‘n ideale plek te vind waar die eiers veilig kan uitbroei. Sy begin dan na enkele dae om haar eiers te lê vir die volgende generasie bloubosluise.
Impak van ‘n enkele wyfie blou bosluis
Hierdie studie is deur Prof. I.G. Horak et.al. gedoen in 1992. Die piramide in die skets demonstreer die spesieverteenwoordiging van 1x bosluiswyfie op ‘n gasheer.
- ’n Bevrugte wyfie lê ongeveer 2 500 eiers.
- ‘n Enkele volgesuigde wyfie verteenwoordig gemiddeld 6 ander nimfe, wat op dieselfde gasheer voed.
- Die 6 nimfe verteenwoordig op hul beurt 14 manlike bosluise, ook op dieselfde gasheer
- Die 14 manlike bosluise verteenwoordig op hul beurt 42 onvolwasse nimfe in ontwikkeling en,
- Die 42 onvolwasse nimfe verteenwoordig op hul beurt 84 larwes, op dieselfde gasheer.
Die resultaat
- ‘n Enkele wyfie wat bevrug is, verteenwoordig 147 bosluise op daardie gasheer.
- Agt-en-sestig volgesuigde bloubosluiswyfies, met die oog waarneembaar, verteenwoordig volgens die studie ongeveer 9996 op dieselfde gasheer.
Piramiede

Berekening:
- 1 volgesuigde bosluiswyfie verteenwoordig 6 onvolwasse voedende nimfe
- 6 voedende nimfe verteenwoordig 14 manlike bosluise
- 14 manlike bosluise verteenwoordig 42 nimfe
- 42 nimfe verteenwoordig ongeveer 84 larwes
Die teenwoordigheid van 1 x volgesuigde bloubosluiswyfie verteenwoordig ongeveer 147 ander bloubosluise.
Om die invloed van bloubosluise se getalle word in die studie gedemonstreer. Dit resulteer dat 68 volgesuigde bloubosluiswyfies, met die oog waarneembaar, ongeveer as ‘n reël ongeveer 9 996 bloubosluise verteenwoordig.
Ken jou plaas, ken jou vyand. Deel 2.
Inleiding.
Die lewensiklus van bloubosluise het twee fases. Een vrylewend op die grond en twee, op die gasheer.
Vrylewende fase van die een-gasheer bloubosluis.
Die vrylewende fase van die bloubosluis vind weg van ‘n gasheer op die grond plaas. Die volwasse volgesuigde wyfie val af grond toe, lê haar eiers na ‘n paar dae en die eiers ontwikkel op die grond onder plantegroei, skeure in die grond of ander ideale habitatte plaas.
Die proses is ovipositering of eierlegging, die ontwikkeling van die bosluis binne die eier, die uitbroei van die larwe en dan in die laaste fase, die soek van die larwe na ‘n geskikte gasheer om die voltooiing van die bosluise se volgende 3 fases op die gasheer te voltooi.
Na aanhegting aan ‘n geskikte gasheer, begin die larwe op bloed te voed om sy volgende twee fases te voltooi op dieselfde gasheer tot sy weer afval. Die vrylewende fase is belangrik omdat dit bepaal hoeveel larwes later beskikbaar sal wees om op beeste te parasiteer.
Belangrike redes waarom dit saak maak.
- Die vrylewende fase is waar ‘n enkele bloubosluiswyfie ‘n groot en ook nuwe populasie kan skep, soos in die skets van die piramiede te sien.
- Dit bou besmetting van die weiveld op.
- Die piramiede verduidelik waarom bosluisgetalle vinnig kan toeneem en suksesvolle oorlewing baie vinnig tot groot getalle op weiding kan lei.
- Voorkoming van aanwas van bloubosluise in kampe, is ‘n belangrike faktor in die strategiese beheer van die bosluispopulasies. Voorkom strategies met goeie ingeligte besluitneming die aanwas van nuwe generasies bloubosluise in kampe.
- Die omgewing en die gasheer, is beide belangrike rolspelers in bosluisbeheer. Die gasheer ondersteun die voedingsfase van die bosluis, wyl die habitat die suksesvolle aanwas van die bosluise onderhou.
- Effektiewe en strategiese beheer moet dus beide faktore in berekening bring om bosluispopulasies te beer sonder chemiese intervensies.
- Die habitat waar die vrylewende fase van die bosluis ontwikkel, is waar bloubosluise uitbroei, oorleef en hulself voorberei om weer gashere te besmet.
Die vrylewende fase van die bloubosluis op die grond.




Leave a Reply