Inleiding
Dit is veral na droogtes, dat bosluise op groot skaal uitbroei om hul oorlewing te verseker.

Die droogte het naas die verlies aan veld en weiding, ook vele biotiese lewe gedwing om in ‘n rusperiode te gaan. Baie bosluisspesies het die einde van hul vermoë bereik om droogtes se invloed op ‘n ideale habitat om in te oorleef, bereik.
Die landwye onlangse goeie reën is die ideale geleentheid vir vele bosluisspesies om op groot skaal in die lente en somer hul lewensiklusse te voltooi.
Daar kan dus in vele gebiede verwag word dat grootskaalse bosluisuitbrake kan plaasvind. Sou ‘n produsent nie genoegsame goeie inligting oor die bosluise se weerstandigheid op sy plaas het nie, of nie behoorlike beheermetodes het om hul invloed voorkomend te beheer nie, sal so ‘n produsent se risiko aan bosluisgedraagde risiko uiters hoog wees.
- Weerstandigheid is ‘n risiko
- Arbeid is ‘n risiko
- Om te meet, is om te weet
Lewensvermoëns van enkele bosluise van ekonomiese belang
Eengasheerbosluise, soos bloubosluise respekteer nie meer die tradisionele opinie tussen winter en somer nie. Swaar besmettings is in die middel van die winter in droëer gebiede soos Vryburg en Piet Plessis gevind. Selfs aan die voet van die Drakensberge is bloubosluise gevind in koue sneeu.

Eengasheerbosluise bly op een gasheer sou hul heg, waarna hul na 21- 24 hul lewensiklus van larf, nimf en volwassewording asook geslagsrypwording voltooi het. Wanneer hul daarna afval, kan die larwes na ontwikkeling tot 8 maande op die grond skuil vir oorlewing sonder n bloedmaal.
Verskeie meergasheerbosluise, soos bontbosluise kan vir lang periodes kan tot drie jaar neem om in droogtetoestande hul lewensiklus te voltooi. Vir lang tydperke ook sonder ‘n bloedmaal oorleef.
Onder normale omstandighede sou hulle dit kon doen in drie tot vyf maande. Bontpootbosluisnimfe, wat in veral droë gebiede aktief is, kan vir sowat 5 maande onaktief raak indien omstandighede ongunstig is vir hul voortbestaan. Volgesuigde wyfies kan op hul beurt weer tot sowat 8 maande wag voordat hul eiers lê, as hul ongunstige of baie droë toestande beleef.
Bruinoorbosluise is op hul beurt dagligsensitief.
Afhangende van omstandighede, kan hul binne 10 dae tot twee maande neem om te vervel in ongunstige omstandighede. Daarna vir lang tydperke in skuilings in die grond oorlewe.
Beheer.
Beheer van bosluise kan werklik net met kennis gepaard gaan.
Allomorfe-faktor.
Weerstandigheid teen chemiese middels by bosluise en ander geleedpotiges word oorgeërf. Elke plaas het ’n paar weerstandige individue. By blootstelling aan dipstowwe, ontwikkel hierdie reeds semi-weerstandige individue hul weerstandige vermoëns verder, tot sodanig dat chemiese beheer geen invloed meer het op hul voortbestaan as bosluise nie. (Brown, 1976).

Die grootste weerstandigheid ontwikkel wanneer ’n dipregime met kort dipintervalle toegepas word.
Voorkoming is beter as beheer.
Produsente wat nie potensiële weerstandigheid onder eengasheerbosluise respekteer nie, loop groot risiko’s in hul kuddes.
Bosluisbeheermetodes wat onvoldoende hoeveelhede bosluisdoders aan diere toedien, is uiters gevaarlik en onverantwoordelik. Hulle doen hulself en medeboere geen guns nie.
Bosluisbeheermetodes wat ook direk in sonlig, hitte en ultravioletstrale implementeer word, vernietig die aktief van die beheermiddels baie vinnig. (Sutherst & Comins,1979).
Ander onbewustelike praktyke
- Die aankoop van wild en plaasdiere. Die onbewuste invoer van bosluis-individue wat reeds ‘n mate van weerstandigheid teen bosluisdoders besit, staan bekend as allelomorfe.
- Die vestiging van hierdie halfweerstandige bosluis-individue (heterosigote), paar met bestaande bosluise op die plaas. Hierdie bosluise met potensiële genetiese weerstandige bosluisindividue, brei die genetiese vermoëns van naïewe bosluise baie vinnig uit. (Keiding,1974).
- Die finale fase is dan die vestiging en seleksie van volledig weerstandige individue of homosigotiese individue. En weerstandigheid vind gewoonlik baie vinnig plaasvind. (Sutherst & Comins, 1979).
Bosluisvermindering en bestuur
- Kennis van die lewensiklus van die bosluisgroepe op ‘n plaas, is ‘n kritiese element in effektiewe bestuur.
- Bosluise moet strategies in die periodes voor geslagsrypheid en, tweedens, veral by meergasheerbosluise wanneer hulle ‘n bloedmaal neem om geslagsryp te word en te paar.
- Sommige dipstowwe beïnvloed die sukses van die eierlegging of ovipositing, beheer word.
- Dipstowwe is duur. Om dipstowwe toe te dien wat nie effektief bosluisgroepe elimineer nie, maak nie sin nie. Dit verhoog net weerstandigheid.
- ‘n Effektiewe dipstrategie beteken die strategiese beheer en elimineer van bosluise. So ‘n strategie by meergasheerbosluise, wat met draers van patogene op ander gashere eers in ‘n bloedmaal besmet moet word om weer siektes aan die volgende gasheer oor te dra, verklein die potensiële persentasie besmetting drasties.
- So ‘n strategie verklein die skielike uitbraak van bosluise na droogtes se impak.

Die strategie moet aangepas word om die karakter van individuele spesies te bestuur.
- Karooverlammingsbosluise se nimfe in wintermaande moet in die lente en laatsomer voorkomend beplan en bestuur word.
- Vele bosluisgedraagde siektes word nie met die eier oorgedra soos met rooiwater by bloubosluise nie.
- Die larf en nimf moet met die organisme besmet word op ‘n ander gasheer, voordat dit die siekte-organisme aan ‘n nuwe gasheer kan oordra. Die impak moet strategies bestuur word.
- Bontbosluiswyfies klim byvoorbeeld nie op ‘n gasheer as daar nie ‘n mannetjie is wat geslagsryp is en feromone afskei nie. Hul bly slegs ‘n week of op gasheer waarna hul afval om sowat 18 000 eiers lê.
Dit kan net gebeur as effektiewe hoeveelhede bosluisdoders tydig en tyd-strategies, waarteen daar nie weerstandigheid geselekteer is nie, op plekke van die dier se lyf toegedien word waar dit funksioneel effektief is, soos by die ore, spene en geslagsdele.
Pierre van Niekerk


Leave a Reply