The success of a parasite control program, particularly regarding ticks, relies on a thorough understanding of the ecology and epidemiology of the specific tick species involved. Ticks interact closely with their hosts and respond to both the climatic environment and the management practices of production environments.
Deel 1. Agtergrond tot ‘n dipstrategie
Die sukses van ‘n ekonomiese bosluisbeheerplan berus op betroubare inligting. Goeie kennis van die bepaalde ekologie en kennis van die “vyand” waarmee gewerk word. ‘n Slim bosluisbeheerprogram wil die getal bosluise op die plaas strategies verminder en in die proses bosluisverdraagsaamheid by diere te ontwikkel.
- Wat op hierdie plaas gebeur kan nie op ‘n ander plaas toegepas word nie.
- Bosluisbeheer effektiwiteit kan beïnvloed word deur interne parasiete wat nie behandel of in ag geneem word soos lewerslak en wurmspesies.
- Bosluise is formidabele organismes. Biljoene dollar se navorsing en alles wat die mens na bosluise toe gebring het om hul te beheer, het hul met mag en mening oorkom en hulself weerstandig daarteen geselekteer.
- Bosluise het ook hulself bewys dat hul ‘n baie doeltreffende genetiese oorlewingstrategie besit om in vele klimaatstreke aan te pas. En dan hulself suksesvol in klein mikrohabitatte op ‘n plaas te vestig.
- Bosluise trek die grense in die Natuur. Diere wat nie natuurlik in ‘n gebied voorkom nie, word geteiken en verswak om deur roofdiere uit ‘n ekosisteem verwyder word.

Bosluise het naas hul ekonomiese invloede, ‘n belangrike ekologiese rol om te speel.
- Hul is deel van die voedselketting.
- Hul pas natuurlike genetiese seleksie onder diere toe
- Hul teiken vreemdelinge wat nie in ‘n streek hoort nie
- Bosluise is die een rede waarom sekere gebiede nie in geboer word nie.
- ‘n Dier wat nie in ‘n habitat hoort en of natuurlik daarin voorkom nie, sal ‘n risiko wees om mee te boer.
- Bosluise dra naas bosluisgedraagde siektes, ook homeostatiese organismes oor aan mens en dier. Dit is bakterie, toksiese stowwe in hul speeksel en ander ongunstige patogene.
Bogenoemde is slegs enkele faktore wat bewys dat bosluisbeheer nie ‘n lukrake faktor is om te bestuur nie.
Studies van die verlede.
Daar is genoegsame betroubare inligting beskikbaar om die 37 spesies bosluise wat op wild en bees in Suider-Afrika voorkom, se piektye van hul lewensiklusse te voorspel. Uitgebreide studies en veldproewe wat oor baie jare uitgevoer is, het aansienlike kennis ingewin oor bosluise wat van belang is in boerderye.
Studies het bewys dat bosluise binne hul unieke spesie-eienskappe strategies beheer moet word. Beheer moet binne ‘n meetbare praktykgerigte model implementeer word wat baie meer is as bloot die toediening van bosluisbeheermiddels.
‘n Beheerstrategie sonder spesifieke doelwitte en uitkomstes, kan vinnig lei tot weerstand teen bosluisdoders en ‘n ongekontroleerde aanwas van weerstandige bosluise.
Ken jou plaas. Ken jou vyand.
‘n Bosluisbeheerstrategie moet drie doelwitte hê.
- Ontwrig bosluise se aanwas in hul lewensiklusse.
- Verminder hul ekonomiese impak en effek met die gebruik van so min as moontlik dipstowwe
- Kundige blootstelling op produksiediere om bosluisnaïwiteit te voorkom.
‘n Model moet ontwikkel word wat pas by die plaas se unieke styl en grondige kennis van die bosluisspesies op die plaas. Bosluisbeheer is intrinsiek verweef met klimaatsfaktore want parasiete het een doel voor oë.
“Om hul lewensiklus so vinnig moontlik en so suksesvol moontlik teen die vinnigste moontlike tyd te voltooi.”
Weerstandigheid teenoor dipstowwe is ‘n faktor wat voorkom moet word. Dit maak geen sin om weerstandigheid teen bosluisdoders te veroorsaak met onkunde nie.
Dipstrategieë
Baie produsente glo dat chemiese toedienings die enigste strategie is. Dit is geensins die waarheid nie. Bosluisbeheer word min of meer deur vier benaderings toegepas.
- Intensiewe dip
- Drempelbehandeling
- Strategiese beheer
- Strategiese weiding waar kampe moet rus
Strategie 1. Intensiewe dip
Intensiewe dip is dip met bosluisdoders met kort tussenposes. Sowat twee of drie weke uitmekaar. Die teorie is dat dit sal verhoed dat bosluise piekperiodes van besmetting sal bereik. Dat intensiewe dip bosluise genoegsaam sal verminder om bekende skades wat bosluise aan die vel, spene, ore en geslagsorgane veroorsaak, sal voorkom.

Die geskiedenis van intensiewe dipstrategieë bewys dat die praktyk duur is. Dat dit arbeidsintensief is en dat diere se vleis nie geredelik gesond is om te gebruik nie. Hierdie tipe benadering verwoes ook die omgewing se natuurlike biotika en verhoog bosluisweerstandigheid teen dipmiddels dramaties. Dit Literatuur bevind dat veral eengasheerbosluise, die Asiatiese bloubosluis en die Afrika bloubosluis met so dipstrategie baie vinnig weerstandigheid opbou teen bosluisdoders.
Bosluisbytblootstelling.
Dit is belangrik om diere aan al die groepe bosluise op die plaas bloot te stel. Hiermee word hul immuunstelsels natuurlik uitgedaag om is die doel om natuurlike weerstand en immuniteit te ontwikkel. Sonder hierdie uitdaging word diere bosluisnaïef en vatbaar vir verskeie bosluisoordraagbare siektes.
Bosluise, selfs dié wat nie bekende patogene soos rooiwater of hartwater oordra nie, het groei-inhibeerders en ander homeostatiese elemente in hul speeksel wat naas groei ook vrugbaarheid ontwrig.
Strategie 2. Drempel diptoediening
Hierdie benadering wil diere dip wanneer die besmetting van bosluise op die diere ‘n aanvaarbare bo-normale vlak van besmetting het. Verskeie faktore kan egter die tendens se effektiwiteit betwyfel. Drempel diptoediening is ‘n geskatte oordeel van wanneer bosluise teveel of te min is.
Die vlak van besmetting wat vir bosluise toegelaat word voor behandeling klink teoreties korrek, maar dit laat te veel toe vir skade en produksieverliese. Huidskade, orgaanskade, vrugbaarheid, invloed op gras-tot- kg vleis omset en groei-inhibeerders wat die gras-tot-vleisomsetverhouding negatief beïnvloed.
Strategie 3. Strategiese diptoediening
‘n Strategiese dipstrategie het ten doel om op spesifieke tye bosluise se lewensiklus te ontwrig en te voorkom dat hul geslagsrypheid bekom en eiers lê vir ‘n volgende geslag.
Die strategie by meergasheerbosluise is onderdanig aan die bosluis se gasheerstatus en die tydperk wat dit op die gasheer voorkom. Bosluisdoders is net so lank effektief en spesies is ook net ongeveer gemiddeld 5-7 dae op ‘n gasheer.
Die Dipmaster se strategiese toepassing
Die Dipmaster se diptoediening kan op enige plek van die dier se lyf toegedien word. Dit om die dipstof se dosis daar aan te wend daar waar bosluise volgens hul aard heg. Soos die ore, geslagsdele, spene en kruis kan geteiken word.

Diptoediening vind plaas tydig en soos nodig.
- Die dipproses moet gedoen word in diere se eie tyd en eie spoed
- Wanneer hul oor die dipstel beweeg.
- Sonder enige kragbron, enige arbeid, 24/ 7 en enige stres wat dipprosesse gekoppel word.
- Die enigste vereiste is dat die Dipmaster se sisteem met dipstof voorsien moet word.
Die sukses van die Dipmaster lê opgesluit in sy opstelling.
- Die opstelling vereis dat die trap van die dier na die dipstel manipuleer moet word
- Die dier moet sonder enige aanjaag en in eie tyd oor die dipstel beweeg.
- Die trap moet so manipuleer word dat die dier normaal op die dipstel sal trap.
- Die opstelling word in die pad na die kraal, hek, bôma of drukgang gedoen.
Die toediening van dipstof vind plaas wanneer die dier op die dipstel trap, wat ‘n meganiese meganisme in die dipbak aktiveer, sodoende ‘n beperkte hoeveelheid dipstof op ‘n dier uit te laat.

Die trap op die dipstel moet natuurlik manipuleer word.
- Vier tot vyf bloekompale van ongeveer 1 meter lank, sowat 250mm dik, word in afstande van sowat 600 mm van mekaar in ‘n drukgang geplaas.
- Met die trap op die drukplaat word sowat 8-10 ml op die dier uitgelaat.
- Hierdie toediening is gerig op spesifieke posisies van belang.
- ‘n Tweede volume dipstof volg met onmiddellike effek, weens die trap van die agterpoot op die drukplaat.
- Hierdie volume dipstof moet die agterkwart van die dier diens, waar die spene, stert en geslagsdele deur bosluise geteiken word.
- Die stert speel ‘ n belangrike rol in die smeer en verspreiding van die dipstof oor die hele agterkwart van die dier.
Verduideliking van die beweging.
- Viervoetige diere versprei in ‘n passiewe staat hul massa oor hul vier hoewe as hul stilstaan.
- Wanneer hul stap, verander die situasie en word die totale massa deur die twee hoewe op die grond verplaas.
- Viervoetige diere het ‘n unieke aard wanneer hul in beweging trap. Die agterste hoef word net agter die voorhoef se posisie geplaas, of net enkele sentimeters agter die voorhoef se posisie.
- En omdat die dier in beweging is, word die dipstof se uitlaat oor die hele lyf van die dier uitgelaat.
Dipstofvolumes.
- Ervaring het geleer dat ‘n volume van 8 tot 10 ml per uitlating die minimum vermorsing meebring.
- Omdat die volume so min is, is dit nie sommer ‘n hinderlike faktor wanneer dipstof op die vel uitgelaat word nie.
- Die uitlating moet ook so na as moontlik teen die lyf plaasvind.
Dip van beeste.
By die dip van beeste is die hoeveelheid dipstof ‘n faktor wat in berekening gebring moet word. Beeste het ook gemiddeld wisselende massas en almal weeg nie dieselfde nie. Dit beteken dat diere dalk twee of drie keer op ‘n natuurlike metode oor die dipstel sal moet beweeg.
Die doel van die dipmetode is die volgende;
- Geen arbeid
- Geen kragbron
- Geen tydsfaktor van bestuursoorsig betrokke
- Geen vermorsing
- Geen blootstelling van personeel aan dipstowwe
- Neem die dipproses na die diere of kampe toe
- Onafhanklikheid van tydperke soos Sondae, Kersdae, Nuwejaar.
- Omgewingsvriendelik
Die Dipmaster het sy beperkinge wat kundig en reg bestuur moet word om sukses te verseker. Die belangrikste hiervan is die opstelling daarvan om sukses te verseker. Die dier moet natuurlik daarop trap in die opstelling op gedip te kan word.
Enkele voorstelle vir opstelling
- Kamp word met ‘n eenrigting hek in en uit beplan
Wanneer beeste deur ‘n eenrigtinghek in ‘n kamp ingaan word hul gedip wanneer hul ingaan en weer wanneer hul uitgaan. ‘n Bees van 400 kg dier ontvang sowat 50% van die hoeveelheid gedip met die ingaan en die ander 50% met die uitgaan oor die dipstel.
- Drukgang
Wanneer beeste in ‘n drukgang beweeg om gedip te word, moet groter diere hul waarskynlik twee keer oor die dipstel beweeg om genoegsame volume dip te ontvang. Bulle wat swaarder weeg, waarskynlik drie tot vier keer, afhangende van hul massa. ‘
- Wild in ‘n bôma opset.
Wild se opstelling moet verkieslik in die ingang van ‘n kraal of bôma opgestel word. ‘n Opstelling wat nie net die trap natuurlik manipuleer nie, maar ook spoed en spring beperk. Dipstof moet saggies toegedien word en ook buite sig, tot hul die proses gewoond geword het.
Faktore van belang wat verreken moet word
- Dit is ‘n olie-gebaseerde “Pour on” dipvloeistof.
- Sensitiewe wildspesies sal die bosluisdoders ruik as hulle nie vertroud is met die nuwe opstelling nie.
- Die voorgeskrewe dosis is 1 ml: 10 kg.
- Die enkeltoediening is 8 tot 10 ml per trap. Dit beteken dat dit die dipstof genoegsaam is vir ‘n dier van tot 200 kg lewende gewig.
- Sou kleiner diere die dipstel kon aftrap, mag hul enkele milliliters meer kry as voorgeskryf.
- Die behoefte is om nie onnodig dipstof op kleiner wildsoorte uit te laat nie.
- By wild mag ‘n eenrigting opstelling na water of lek die aangewese opstelling wees.
Die operasionele inwerkingstelling van die Dipmaster.
- Die Dipmaster benodig dipstof wat deur die sisteem gebloei is, om te kan dip.
- Die dip se afvloei uit die dipvloeistof se houer kan met ‘n kraan afgesluit word.
- Die dipstel kan weer geaktiveer word met die oop draai van die kraan.
- Die funksie beheer aktiewe of onaktiewe diptoediening.
- Sou daar lug in die sisteem opgeneem word, behoort die lug natuurlik deur die sisteem tot bo by die spuit uit te bloei. Al wat nodig is, is ‘n paar diere wat die sisteem moet trap.
Agtergrond tot diptoediening
Teiken met die Dipmaster bosluise se natuurlike aanhegtingsplekke op die dier.
Hierdie benadering sal hul aanhegting drasties verminder en ook strukturele skade aan hul ore, spene en voortplantingsorgane voorkom. Dit sal ook nekrose en absesse tot die minimum beperk.
Bosluise word gegroepeer in 1-gasheer-, 2-gasheer- en 3-gasheerbosluise. Nie een bosluis is het dieselfde aard en karakter as ‘n ander nie. Hul lewensiklusse verskil, hul wyse van voeding en hoe hul siektes oordra verskil, die tipe homeostatiese organismes verskil. Hul aard en karakter is individueel en verskil van mekaar.
- Sommige spesies, soos die hartwaterbosluis, sal nie op ‘n gasheer klim tensy daar nie reeds ‘n volwasse manlike bosluis is wat feromone op ‘n gasheer afskei om wyfies te lok nie.
- Bruinoorbosluise, voordat hulle heg en voed, benodig 8 uur sonlig om aktief te word. Soos met die meeste bosluisspesies, benodig hulle ‘n spesifieke temperatuur, sowel as voldoende atmosferiese vog om te hidreer. As daardie vereistes nie teenwoordig is nie, sal hulle nie verder ontwikkel of aan ‘n gasheer heg nie.
- By sommige bosluisspesies kan ‘n verskynsel bekend as diapause voorkom. Wat verskillend is tussen die onderskeie spesies. Dit stel bosluise instaat om tussen 2- 3 jaar in skuilplekke sonder ‘n gasheer en sonder ‘n bloedmaal te oorleef. Hul wag tot omstandighede gunstig.
- Dit is gewoonlik na sulke ongunstige periodes dat bosluise graag hul lewensiklus met groot spoed wil voltooi, dat grootskaalse bosluisuitbrake voorkom.
Weerstand teen bosluisdoders.
Weerstand teen bosluisdoders is ‘n ernstige saak. Tegnies is dit nie moontlik met 2-gasheer- en 3-gasheerbosluise om weerstandigheid op te bou teen bosluisdoders nie, weens die beperkte tyd wat hul aan bosluisdoders blootgestel word. Maar, hul behoort genoegsaam beheer te word indien dipstofsterkte voldoende is vir die tydperk wat hul op die dier verkeer.
Weerstand ontwikkel met blootstelling van dipstowwe. Wanneer die aktief van die bosluisdoders genoegsaam is, behoort goeie beheer plaas te kan vind
Wanneer die aktief met tyd en weens ultravioletstrale van die son afbreek en verswak, en die aktief nie sterk genoeg meer is vir doodmaak nie, en die bosluis dus kans gee om teen die verswakte dipstof se aktief biologies te reageer, ontwikkel die bosluis ter wille van oorlewing weerstand teen die aktief.
Weerstand ontwikkel hoofsaaklik by eengasheerbosluise. Omdat hul vir langer tydperke, tussen 21- tot 24 dae op ‘n gasheer voorkom. Wanneer hul op die dier klim wanneer die dipstof reeds verswak het hul meer kans om weerstandigheid teen die verswakkende vloeistof se aktief te selekteer.
Allele-faktor
In alle bosluisspesies is daar individue wat glad nie reageer teenoor die aktief, die doodmaakmiddel binne bosluisdoders nie. Hul oorleef ongeag die dipmiddels se sterkte en toediening. Dit is een van die redes waarom owerhede toegelaat het dat sommige bosluisdoders met meer as een aktief ontwikkel word. Sommige produkte tot 3 verskillende aktiewe. Wat ‘n baie gevaarlike situasie is en met kennis en kundigheid en goeie oordeel bestuur moet word.
Oor tyd vind hierdie weerstandige individue mekaar en paar. So word oor ‘n jaar of twee drie weerstandige groepe bosluise gevestig waarvoor daar min chemiese beheermiddels oor is om hul te beheer.
Om te meet, is om te weet. Weerstandige bosluise kan groot verliese veroorsaak. En met uitbraak, kuddes vernietig. Dit is in enige produsent se beste belang om bosluisbeheer strategies met werklike inligting van die bosluis en omgewing te implementeer.
Lewensiklusse van bosluise.
Bosluise word in drie groepe opgedeel.
- Eengasheerbosluise
- Tweegasheerbosluise
- Driegasheerbosluise.

Eengasheerbosluise
Twee eengasheerbosluisspesies dra rooiwater aan beeste oor. Die Asiatiese bloubosluis en die Afrika bloubosluis. Die bloedparasiete of protosoë wat hul in hul speeksel oordra aan beeste is Babesia bigeminia en Babesia bovis. Rooiwater is die tweede belangrikste bosluisgedraagde siekte van ekonomiese belang in Suid Afrika. Data wil dit hê dat 35% van Suid Afrika se beesbevolking is potensieel blootgestel aan rooiwater.
Dit is die groep bosluise wat hulself redelik vinnig weerstandig selekteer teen bosluisdoders.
Eengasheerbosluise dra ook galsiekte oor. Galsiek word egter deur 5 ander bosluisspesies ook oorgedra, asook en meganies deur bloedsuiende steekvlieë. Galsiek se persentasie behoort daarom meer as 35% blootstelling te wees, dalk sowat 50% of meer weens ander vektore se bydra tot die oordrag van galsiekte of Anaplasmose marginale.
Tweegasheerbosluise
Tweegasheerbosluise heg as larwes vas op die gasheer, en bly op die dier om in as larwe in hul volgende fase te ontwikkel, waarna hul afval om op ‘n tweede gasheer hul volwasse fase te voltooi.
Die rooipootbosluis
Twee spesies van ekonomiese belang word beklemtoon. Die rooipootbosluis en bontbosluise.
Die rooipootbosluis, Rhipicephalus evertsi evertsi is een so spesie. Die bosluis klim op die gasheer as larwe, migreer na die oor van ‘n gasheer en voltooi sy siklus as ‘n larf en nimf in die oor van die gasheer in ongeveer 14 dae. Die volwasse bosluiswyfie se tydperk op ‘n gasheer is sowat 5 dae op ‘n gasheer waarna sy afval om eiers te lê. Meeste volwasse rooipootbosluise voed onder die stert en om die anus van hul gashere.
Siektes wat aan die rooipootbosluis verbind word: Galkoors by perde, by beeste potensieel ooskuskoors, milde beestheileriose, spirochaetose, en ‘n gifstof wat in die bloed vrygestel kan word wat lenteverlamming by kalwers veroorsaak. By mense bosluisbytkoors.
1. Bontpootbosluise.
Drie van die 21 spesies wat wêreldwyd erken word kom in Suid-Afrika voor. Die grootbontpootbosluis, die vaalbontpootbosluis en die klein gladde bontpootbosluis.
Siektes van die groep bosluise is slegs bosluiskoors by mense, maar hul bytwonde veroorsaak sekondêre skade deur infeksies, letsels, sere, swere verlamming, afsterf van stertpunte, spene, vrotpootjie. Die beesbrommer Chrysomyia bezziana val die wonde ook aan. Die vermoë om die toksiene te vervaardig wat verlammings veroorsaak, kan na vele geslagte van die bosluis oorgedra word.
Driegasheerbosluise: Algemene lewensiklus
Spesie 1: Bontbosluise
Bontbosluise kan in optimale klimaatsomstandighede sy lewensiklus in 5 maande voltooi. Onder ongunstige toestande kan hy sy siklus tussen 1-3 jaar voltooi. Larwes veral aktief in laat somer vroeë herfs, en dan weer ‘n laat lente. Nimfe kom voor veral in wintermaande, lente en vroeë somer voor.
Volwassenes is die meestal aktief in die somer. Aan matige kusgebiede mag driegasheerbosluise se lewensiklusse gelyktydig voorkom omdat vog en temperatuur dit nie natuurlik inperk nie.
Driegasheerbosluise se bloedmaaltydperk op ‘n gasheer is tussen 5 en 7 dae. Waarna hul van die gasheer afval om te ontwikkel na ‘n volgende fase. Die wyfie gaan in haar laaste fase dood na eierlegging. In haar laaste fase moet ‘n bloedmaaltyd neem voor bevrug waarna sy haarself losmaak en afval, waarna sy ‘n geskikte skuilplek in die grond vind om haar eiers te lê.
Hierdie laaste stadium van eierlegging duur ‘n paar dae, waartydens die wyfie tussen 3 000 en tot 18 000 eiers lê. Die getal eiers verskil egter tussen spesies.
Die algemene lewensiklus van 2-gasheerspesies
Beide bruinoorbosluise en rooipootbosluise (2-gasheer) voltooi hul larf- en nimffase in die oor- en oorkanaal van die dier. Bruinoorbosluise is soos genoem ‘n 3-gasheerbosluis.
Strategiese diptoediening op die bees en wild.
Posisie 1: Teiken die skouers en nek
Dipmiddels wat nie strategies gerig word op die liggings waar verskillende bosluise van ekonomiese belang voorkom nie, dra baie min by tot effektiewe strategiese beheer.
Toediening op die nek en skouers graviteer teen nek en bene af. Dit versprei ook genoegsaam om bosluisbeheer in die ore te doen, waar jong, onvolwasse bosluise effektief beheer moet word. Dit voorkom ook strukturele skade aan die dier se ore.
Posisie 2: Die tweede posisionele toediening is op die kruis-tot-stertwortel.
In verskillende fases van hul siklus migreer soos rooipootbosluise, wat hul eerste twee siklusse in die oor voltooi het, in hul volwasse finale fase na die stert en stertwortel asook die anus.
Verskeie ander groepe van ekonomiese belang heg ook graag om die stertwortel , anus en kruis, melkspieël en stertpunt van die gasheer. Hulle is die twee bloubosluispesies, bontbosluise, bontpootbosluise, bruinoorbosluise (volwassenes) blinkbruinbosluise.
Effektiewe strategiese genoegsame diptoedienings moet hier plaasvind, om die volwasse bosluise se lewensiklusse te verbreek en te voorkom dat hul eiers lê.
Naas bosluisgedraagde siektes veroorsaak die bytplekke van verskillende spesies nekrose, verlies aan spene en skade aan hul organe. Wonde het altyd die potensiaal van sekondêre bakteriese en parasitiese infeksies wat naas sere ook skroefwurmbesmettings ondersteun.


Leave a Reply