Dipmaster vir wild: Opstelling

  1. Inleiding-

Die Dipmaster se aanvanklike fokus is om wild effektief en baie natuurlik in die Natuur te dip, sonder menslike intervensie en of faktore wat stres en enige hantering veroorsaak. Dit het meegebring dat Dipmaster ontwikkel is om diptoediening sonder skrik en vrees, sonder ‘n geluid met werklik minimale steuring of beweging direk op dier se vel op voorafbepaalde posisies uitlaat en laat plaasvind.

  1. Dip in natuurlike omstandighede

Dipstof moet in natuurlike omstandighede, as deel van die natuurlike bewegingsproses, in genoegsame hoeveelhede, direk op bepaalde posisies teen die dier se lyf vrygelaat word, sodoende teikenbosluise op bepaalde liggaamsposisies van die dier te dip.

  1. Dip is nie ‘n onafhanklike proses nie

By wild moet die dipproses nie ‘n onafhanklike en aparte proses wees nie. Die dip van ‘n wilde dier moet deel wees van sy natuurlike beweging in die Natuur.

  1. Wat is natuurlike items

Soos die bekendheid van die aanraking van ‘n hekstut of paal waarteen die dier wat gedip moet word, moet raak wanneer dit in ‘n bôma  ‘n kraal, ‘n hek of natuurlike ingang na water, voer of na lek beweeg.

Alhoewel die reuk van dipstof verwondering meebring, word wild gou daaraan gewoond as dit nie ‘n vreesfaktor van skrik of skielike aanraking as assosiasie het nie.

  1. Sonverhitte dipstof.

Dipstof wat deur die son verhit word, verloor nie net hul effektiwiteitskoëffisiënt nie, maar brand ook hul teikendiere, wat die reuk van dipstof met vrees en die voorkoming daarvan assosieer.

  1. Uitdagings van die Dipmaster wat oorkom moet word
  • Die hantering van die 5 mm defleksie van die trapplaat onder die grond met riviersand en 13 mm gruisklip, in ‘n halfsirkel of meer, sowat 2 meter voor en 2 meter na die Dipmaster se loopvlak.
  • Dit bring ook natuurlike beweging onder die hoewe mee, ‘n natuurlike raasfaktor wat die aandag van ander geluide sou aftrek
  • Die dipuitlaat van die dipkop, wat geluidlose toedienings doen, sodanig op te stel dat die dipkop aan die lyf raak en dan die dipstof direk teen die dier se vel vrylaat, buite sy monokulêre sig en in sy natuurlike beweging teen die paal of boom.
  • Dipstof se reuk is ‘n gegewe waaraan diere gewoond gemaak moet word.
  • Die dipstof moet koel gehou word gelyk aan omgewingstemperatuur
  1. Hoe om die dipproses te stop

Die Dipmaster maak gebruik van die houer waarin die dipvloeistof voorkom. Geen menslike kontak of blootstelling is nodig nie. Verwyder die houer gewoon na dip plaasgevind het, stoor dit weg en beskerm die suigpunt met ‘n  lap daarom gedraai.

Dipstof moet altyd koel gehou en gebêre word tot en met volgende dipsiklus.

Leave a Reply

Discover more from dipmasterblog

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading