Inleiding
Na baie jare se bosluisbeheer met baie effektiewe bosluisdoders, is die probleem nog steeds nie onder beheer nie en is daar waarskynlik vandag meer bosluise as ooit tevore. Miskien is die hoeveelheid bosluise nie alleen die probleem nie, maar die weerstandigheid teen goeie middels die grootste probleem.
Word die vraag afgevra deur die wild en veeprodusente waarom hul moontlik bosluisgedraagde probleme het en wat is sy moontlik bydrae tot die ekonomiese uitdaging.
Oorsaak
Vir eers ken vele produsente nie hul bosluisvriende nie en of hul bosluisvyande se rol en impak nie. Ken ook nie hul plaas se Biologie nie en ook nie watter rol dagliglengte, temperatuur, vog en habitat speel in hul bosluisuitdaging speel nie.
Waarskynlik is vele probleme wat met bosluise ervaar word, die bestuur wat toegepas word op die geloof van rolspelers wat graag hieroor praat, maar nie aan die produsent ‘n plan kan gee wat konkrete redes verskaf waarom bosluisbeheer op ‘n plaas op ‘n bepaalde metode moet plaasvind nie.
Vele rolspelers kan ook nie aan ‘n produsent getoetste konkrete redes verskaf waarom bepaalde produkte nou gebruik en nie ook nie nou gebruik moet word nie. Of waarom verhoogde en of verlengde dipintervalle. Min is in staat om ‘n bepaalde strategie saam te stel wat op voorkomende beheer geskoei is, gegrond op die gedragskenmerke van die bosluis, sy lewensiklus en habitats en klimaatsfaktore.
Groot plan
Deel van die groot plan moet wees, om te voorkom dat hul ooit geslagsryp word en die wat oorleef, voorkom word dat hul effektief aanteel. Bosluisgetalle moet strategies met kundige toepassing van verskeie strategieë en middels verminder word tot die minimum bosluislading.
Die redes daarvoor is die volgende.
Bosluisbeheer se grootste verlies is waarskynlik nie die verliese aan parasiete wat bosluise oordra nie. Baie min bosluise is in werklikheid met siektes en organismes besmet. Hartwater waarskynlik is die ergste gevalle dalk 7%, by Afrika-rooiwater bloubosluise waarskynlik 10% en Asiatiese rooiwater in die omgewing van 4%. (Redes hiertoe kan later verduidelik word.)
Verliese
Bosluise word in die Literatuur beskou as “super farmakoloë”. Hul speeksel is geweldig toksies en bevat elemente wat hul gasheer se vermoë om van hul ontslae te raak baie effektief te verhoed. Hul skei in hul speeksel tydens hul voedingsproses onder andere ‘n kragtige chemiese middel “lektien” af, wat ʼn prominente rol speel in die verdedigingsreaksies en patogeenverplasingsvermoë van ʼn bosluis.
Daar is baie min bekend in die Literatuur oor al die agente in bosluisspeeksel wat die bosluis se bloedmaal suksesvol maak. In Bowman en Nuttall, se boek “Ticks, Biology, Disease and Control, 2008, Cambridge University, word dit so beskryf “Tick salivary glands perform a key function in survival (water balance) and pathogen transmission. For good reason, ticks have been called the “supreme pharmacologists”, manipulating their hosts’ attempts to get rid of them by secreting hundreds of antihaemostatic, anti-inflammatory, anaesthetic and immunomodulary molecules in their saliva”
In “Ticks of Domestic Animals in Africa: A guide to identification of species”, Walker et al; word die volgende verlies in massa weens toksiese speeksel van bosluise per individuele dier aangehaal.
- Bloubosluis:- 15- 40 kg
- Bontbosluis: – 20kg
- Bruinoorbosluis: -15-30kg
So sal elke spesie wat op ʼn plaas gevind word, ’n bydrae lewer tot die verlies in produksie. Die bontpootbosluis is bekend vir sy toksiese speeksel, alhoewel hy nie bekend daarvoor is on ‘n siekte van soorte oor te dra nie.
Vele bosluise, soos die bontpoot en bontbosluis dra ook by tot sekondêre skade soos absesse, die bloubottel of beeswurmvlieg se larwes, skade aan diere se ore, sterte en spene.
Bosluisbeheer
Gaan dus nie net oor die bestuur van die siektes wat bosluise oordra nie. Dit gaan ook oor die speeksel van die onderskeie bosluisgroepe wat ‘n ekonomiese invloed op wins en reproduksie het. Die verliese word nie met die oog waargeneem nie, maar reflekteer op slaggewigte en produktiewe veld- en grasomset na vleis toe. Dit gaan ook oor die strategiese aanwending van middels wat nie weerstand toon nie en, die effektiewe voorkoming van bosluisaanwas en bosluisgetalle.
Miskien die heel belangrikste, die toelating van matige bosluispopulasies sodat diere blootstelling van die bosluis se bydrae tot hul gesondheid kan kry en immuunstelsel teenliggaampies teen die bosluise opbou wat bosluise natuurlik kan verdra en selfs onderdruk.
Miskien kan mens die volgende vraag tot produsente nalaat?
“Wat weet u van die volgende groepe bosluise se lewensiklus, hul voedingstye, of hul een-, twee- of driegasheerbosluise is, watter siektes dra hul oor, hoe kom hul op hul prooi,. Hoe lank is hul bloedmaaltye, wat se siektes dra hul oor en wanneer doen hul dit? Hoe word hul besmet met siektes en is daar kruisweerstandigheid tussen die onderskeie siektes.
- Rooipootbosluis –Rhipicephalus evertsi evertsi
- Bontpootbosluise- Hyalomma rufipes
- Bontbosluise of hartwaterbosluise – Amblyomma hebraeum
- Afrika bloubosluis- Rhipicephalus decoloratus
- Bruinoorbosluise- Rhipicephalus appendiculatus
- Klein gladde bontpootbosluis- Hyalomma truncatum
- Asiatiese of pantropiese bloubosluis –Rhipicephalus microplus
- Rooipootbosluis subspesie – Rhipicephalus evertsi mimeticus
- Blinkbruinbosluise- Rhipicephalus simus
Pierre van Niekerk ©



Leave a Reply