Rhipicephalus appendiculatus – Bruinoorbosluise
Algemeen
Bruinoorbosluise het in die vroeë 1900’s byna 95% van die Suid Afrikaanse beespopulasie uitgewis weens die invloede van Ooskuskoors. Bruinoorbosluise is met streng dipprogramme iewers in die 1950’s onder beheer gebring.
Die Oos- Kaap se digte kusgebiede is ideale habitat vir bruinoorbosluise wat tans in groot getalle daar voorkom.
Bruinoorbosluis is die draer van die protosoa Theileria Lawrencei, wat bekend is as Korridor of Buffelsiekte”” wat met dodelike gevolge op beeste oorgedra word. Die naam “Korridor ”is afgelei van die gang wat gevorm word tussen die Hluhluwe en Mfolozi-wildreservate.
Die bosluis het ‘n wye verskeidenheid gashere, veral wildsbokke en alle lewensstadiums van die bosluis kan op groter diere van ekonomiese belang gevind word. Kleiner wildsoorte sal hoofsaaklik net die larwes en nimfe dra en die katsoorte dra net enkeles van die bosluise.
Verskeidenheid ander kleiner diersoorte dra groot hoeveelhede van die larwes. Alhoewel die bosluis van baie groot ekonomiese belang is vir melk en vleisprodusente en veral die groter wildsoorte, soos elande en gemsbokke, is die beheer van die bosluis op die diere nie sommer ‘n lukrake poging nie.
Lewensiklus
- Die bruinoorbosluis is ‘n 3- gasheerbosluis.
- Die volwassenes voed baie vinnig en die wyfies kan na vashegting binne 3 dae volgesuig en bevrug wees, waarna sy afval om die eiers in ‘n beskutte plek te lê.
- Die wyfie lê sowat 5700 eiers en mag so vinnig as 4 dae nadat sy volgesuig is en afgeval het, begin om die eiers te lê. Sou omstandighede minder gunstig wees, kan sy die lêproses met sowat 30 dae uitrek voordat sy begin lê
- In die somer kan die larwes binne 21 dae uitbroei maar kan in die winter tot sowat 3 maande neem om uit te broei
- Die larwes en die nimfe neem net enkele dae, soos die volwassenes, om vol te suig en hulle kan na gelang van die vriendelike of ongunstige omstandighede tussen 10 dae en 2 maande neem om te voorskyn te kom
Aktiwiteitsprofiel
In Suid Afrika se klimaatsomstandighede is dit ‘n verskynsel dat die volwassene bruinoorbosluise hoofsaaklik in die warm somer voorkom, die larwes in die laatsomer, herfs en vroeë winter en die nimfe weer in die herfs, winter en vroeë lente.
Bruinoorbosluise kom veral in gebiede voor wat ‘n minimum reënval het van 400 mm met goeie plantbedekking. Dit is afwesig van gebiede wat vir 30 dae of meer swaar ryp ontvang en oorleef moeilik in die droër woestyngebiede en Hoëveldse grasvlaktes.
Ekonomiese en veeartsenykundige belang
Die bruinoorbosluis kan swaar besmettings gedurende die somermaande veroorsaak en veral dan bosluistoksikose by beeste veroorsaak. Die toksikose veroorsaak ‘n merkbare verswakking in die dier se toestand, sy weerstand teen ander bosluisgedraagde siektes en ‘n merkbare afname bestaan in die dier se vrugbaarheid.
Siektes wat oorgedra word
Die bruinoorbosluis is die verspreider van Theileria lawrencei, die protosoë wat Korridor of Buffelsiekte veroorsaak. Die parasiet word hoofsaaklik deur buffels gedra wat op beeste oorgedra word met dodelike gevolge. In ander dele van sy verspreidingsgebied dra die bosluis ook T.parva wat as die oorsaak van Ooskuskoors by beeste is.
Al die Theileria-soorte word deur of deur nimfe wat gedurende die voorafgaande larfstadium op ‘n besmette dier gevoed het, of deur volwassenes wat die besmetting as nimfe op hul prooi ingeneem het, op beeste oorgedra.
Die enigste stukkie goeie nuus van die bosluis is dat dit nie die organismes wat die siekte veroorsaak deur die eier na die volgende geslag van bosluise oordra nie.
Diptoediening met Dipmaster
Die lewensiklus van hierdie bosluis, asook die posisies waar die bosluis heg as volwassene, verduidelik waarom beheer nie lukraak toegedien kan word nie.
Voorkomende strategiese beheer van hierdie bosluis op die plekke van verkose of natuurlike aanhegting, met ‘n bosluisdoder wat effektief is, ultravioletstrale kan hanteer is ‘n kritiese faktor. Netso is die beheer van die volwasse bosluis op die romp en kruis en peri-anale gebied tydens die laaste bloedmaal as volwassene en waar bevrugting plaasvind.
Wild kan nie net sommer aangekeer word nie. Dosisse dipstof wat nie voldoende nawerking het nie of in verminderde hoeveelhede toegedien, veroorsaak wydverspreide weerstandigheid en verhoed nie dat eierlegging of ovipositering plaasvind nie.
Die bosluisdoderdosis moet dodelik en effektief wees. En dit dien die Dipmaster strategies op die regte vashegtingsplekke toe.
Pierre van Niekerk ©



Leave a Reply