Myte op perde

Myte

Myte behoort aan dieselfde groep diere as bosluise, is  dus agtpotig en geklassifiseer onder die Acarina groep  van diere in die diereryk.

Suigende myte op perde

Myte het unieke lewenswyses en lewe meestal uitwendig  op die vel van die dier. Daar is soorte wat onder die vel,  in lugweë en ander weefsels teer. Die heel belangrikste  is ‘n korrekte velskraap sodat daar n behoorlike  identifikasie van die parasiet gemaak kan word, voordat  beheer na regte toegepas kan word.

Net in kort die volgende by die beheer.

  • Die meeste myte is permanente parasiete en kan slegs enkele dae sonder n gasheer lewe.
  • Die manier waarop die myt sy gasheer se vel aantas, is n belangrike aanduider van watter  soort myt dit is, sou iemand dit met sy veearts  wou bespreek.

‘n Velskraap

Die kors van die vel wat gevorm is, moet verwyder word  en die skraap moet diep in die vel wees.

Aptekersparaffien word sagkens maar diep in die  aangetasde deel gevrywe. ‘n Stomp skraper word dan  gebruik om diep in die bolaag van die vel in te skraap.  Plaas die skraapsel in ‘n geseëlde botteltjie en neem dit  na ‘n veearts toe sodat dit behoorlik geïdentifiseer kan  word onder n mikroskoop.

Hoekom is die velskraap belangrik?

Omdat luisbesmettings en ander parasitiese myte  soortgelyke veltoestande veroorsaak. Sou dit myte wees,  is dit waarskynlik Sarcoptes scabei

Suborde: SARCOPTIFORMES

  • Familie Sarcoptes scabei

Die belangrikste mytsoorte wat op warmbloedige diere  parasiteer, is die Sarcoptes scabei wat by mens as  skurftemyt in die algemeen bekend staan. By diere word  hierdie myt beskrywe as “sarkoptiese skurftemyt”  beskrywe.

Hierdie myte stem morfologies baie ooreen, maar hulle  verskil fisiologies en het hulle verskillende biologiese  stamme en soorte.

Gashere

Hierdie myt parasiteer op mense, perde, honde, skape  varke en konyne.

Lewensiklus

Soos bosluise het hulle eiers, larwes, 6-pootige nimfe,  volwasse mannetjies en onvolwasse wyfies.

Bevrugte wyfies

  • Onvolwasse wyfies vervel eers nadat bevrugting plaasgevind het en word dan eers as  volwassenes gereken.
  • bevrugte wyfies grawe hul dan in die horinglaag van die gasheer se vel in
  • wyfies lewe daar vir ongeveer 2 maande
  • lê elke 2-3 dae eiers
  • wat na 5 dae ongeveer uitbroei
  • waar die larwes en nimfe nuwe tonnels grou onder die vel
  • mannetjies verkies om bo-op die vel te bly op soek na onbevrugte wyfies

Besmette krale, kampe en stalle

Soos genoem aan die begin, sou hierdie myt sonder n  gasheer wees, sterf dit af.

Een sodanige manier is om die diere vir sowat 17-20 dae  van n besmette area weg te hou, dan behoort die myt uit  te vrek.

  • Familie PSOROPTIDAE

Daar is verskeie Psoroptiese mytsoorte in die familie,  waaronder

  • Psoroptes natalensis – beeste
  • Psoroptes equi – perde
  • Chorioptes-soorte -verskeie diersoorte
  • Otodectes cynotis- Oorskruftemyt wat sekondêre bakteriese besmetting veroorsaak
  • Psorptes ovis- skaapbrandsiektemyt

Daar is klompie ander myte in hierdie familie wat op  pluimvee, konyne, skape, bokke en ook op wild teer.

Dit sal later eerder spesiespesifiek beskrywe word, met  die strategiese beheer hieraan verbonde. ‘n Ander  belangrike groep is die myte wat honde, katte en mense  erg kan aanval, wat dalk eendag ook hier beskrywe kan  word.

Onderstreepte gedeeltes
Die onderstreepte gedeeltes, in die geleentheid om myte  effektief te beheer, is baie belangrike aspekte.

  • Naas effektiewe chemiese beheer, wat die korrekte middel insluit, is die identifikasie van  die spesifieke myte baie belangrik.
  • Die verskillende myte het uiteenlopende lewenswyses het en sal die onkundige oog  maklik mislei wat met onkundige oordeel groot  skade aan die diere se velle of gesondheid kan
  • Daar is vele produkte in die mark wat NIE OP PERDE GEBRUIK MOET WORD NIE, wel op  beeste en waarvoor die middel voorgeskryf is.
  • Beheer van myte moet met inagneming van hul krale en stalle gedoen word en met inagneming  van die myte se lewensiklus. Dit kan ‘n redelike  nekslag toegedien word met strategiese  diptoediening, verhongering van die gasheer en  die korrekte produk.
  • Dit moet onthou word dat die wyfies tonnels in die vel grou en net maklik met n lukrake dip  beheer sal word nie. Daar word by verskeie  produkte aanbeveel dat die perd ten minste 2  minute lank onderdompel word sodat die dip  deur die horinglaag van die vel kan dring.
  • Waterbasis dippe was af met reën en die moontlike was van die perd

Ander parasiete in perde
Papies wat in alle perde se maag voorkom wat geen  skade veroorsaak nie.

Lesingnotas van Prof Ivan Horak by Dept Zoology &  Entomology, Bloemfontein
Wetenskaplike Pamflet 393 CJ Howell, JANE B. WALKER,  E.M NEVILL, Afdeling Entomologie, Onderstepoort

Pierre van Niekerk
0126674755
0822208386

Leave a Reply

Discover more from dipmasterblog

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading