Karooverlammingsbosluis

Karooverlammingsbosluis

Bosluistoksikose en  bosluisverlamming is bosluisverwante siektes wat  mens en diere wêreldwyd raak. In Suid Afrika is die  Ixodes spesies die hoofoorsaak hiervan en meer  spesifiek, die Karooverlammingsbosluis, bekend as  Ixodes rubicundus.

Die volgende spesies is problematies by diere;

  • Lenteverlamming by skape, bokke en soms kalwers – Rooipootbosluis (Rhipicephalus  evertsi)
  • Sweetsiekte by beeste en veral kalwers- Gladde bontpootbosluis (Hyalomma truncatum)
  • Bosluistoksikose by beeste – Bruinoorbosluis (Rhipicephalus appendiculatus)
  • Bosluistoksikose by jong diere – Sandtampanne (Ornithhodoras savignyi)
  • Karooverlammingsbosluis (Ixodus rubicundus)

Daar is twee mediese toestande wat bosluise by mense  veroorsaak;

1. Bosluisbytkoors by mense.

  • Die Suid Afrikaanse Bontbosluis (Amblyomma hebraeum)
  • Die Geelhondebosluis (Haemaphysalis leachi)
  • Die grootbontpootbosluis (Hyalomma marginatum rufipes)
  • Die bruinoorbosluis (Rhipicephalus appendiculatus)
  • Die rooipootbosluis (Rhipicephalus evertsi everetsi)
  • Die hondehokbosluis (Rhipicephalus sanguineus)
  • Die blinkbruinbosluis (Rhipicaphalus simus)
  1. Bosluisverlamming by mense
    Die toestand word hoofsaaklik deur 2 spesies se byt veroorsaak
  • Klein gladde bontpootbosluis (Hyalomma truncatum)
  • Die blinkbruinbosluis (Rhipicepahlus simus)

Wetenskaplike Pamflet: Landboutegniese Dienste 393

Die Karooverlammingsbosluis of Ixodes rubicundus

Die Karooverlammingsbosluis se verlamming word  veroorsaak deur ‘n neurotoksiene in die speeksel van die  wyfiebosluise. Dit krap die sinapse in senuwees om  in  die rugmurg en blokkeer die neuroverbindinge tussen die  spiere, wat dan die verlamming veroorsaak.

Na sowat 5 tot 7 dae is algehele moegheid die simptoom  en word lusteloosheid ervaar, spierpyne en krampe en  die verlies aan gevoel. Sluk word ‘n moeilike proses en  vind swaar plaas, spraak word beïnvloed, konvulsies en  erge asemhalingsprobleme word ervaar. Die aanval van  die toksiene aan die senuwees veroorsaak dat  belangrike funksies nie plaasvind nie wat dan tot die  dood kan lei.

Herstel vind baie vinnig plaas sou die bosluise  verwyder word. Sou die bosluis se monddele agterbly,  sal die verlammingstoestand voortduur.

Belangrike kenmerke van die  Karooverlammingsbosluis

Die Bosluis is ‘n driegasheerbosluis en hul verkies  rooihase en klaasneuse in hul larf en nimfstadia. Hul sal  wanneer hul natuurlike gashere onder druk is, ook op  honde, katte, kleinerige roofdiere en hase gevind word.

Om klaasneuse en rooihase en ander natuurlike gashere  te wil uitroei, is onwys en onverskillig omdat die  bosluis hul voeding en die siektes wat hul oordra,  gewoon op diere van ekonomiese belang gaan verplaas.

Skape, bokke, wild en jong kalwers sal dan met baie  hoë ladings van die bosluise se impak gedurende hul  tradisionele oordragingstydperke in Februarie- Maart  met die toksienes geteister word. Dit verhoog die  dipintensiteit en dipintervalle, risiko en potensiële  verlies. Let op die lewenssiklus van die  Karooverlammingsbosluis en die tydperke van voeding.

Die kostes van hierdie probleem deeglik beskou word  omdat verskeie dipstowwe ‘n verhoogde dosis vereis  om hierdie bosluis in toom te hou.

Lewenssiklus

Die wyfiebosluis lê sowat 2000 eiers in normale  omstandighede in laat Augustus vroeg September.

Dit neem etlike maande voordat die eiers uitbroei en die  larwes voed eers in die herfs die daaropvolgende jaar.  Dit beteken dat die eiers wat in 2008 gelê word, eers as  larwes sal voed in die herfsperiode van 2009. Dit neem  nadat hul afgeval het, sowat 2 maande om te vervel  voordat hul dan as nimfe te voorskyn.

  • Op hul beurt voed die nimfe eers die volgende lente en vervel ongeveer 6 maande later.
  • Die volwassenes se aktiewe periode begin dan eers in die laat somer en bereik ‘n hoogtepunt in  die herfs, waarna dit stelselmatig afneem af in  die wintermaande.
  • Min volwassenes word in September gevind wyl enkeles al wel in November gevind is 2 jaar  maar kan afhangende van omstandighede, die  lewensiklus tot 3 jaar verleng.

Siektetydperke

Dit is opmerklik om waar te neem dat karooverlamming  gewoonlik gedurende Februarie en Maart plaasvind,  wanneer nimfe aktief voed en ‘n hoogtepunt bereik in die  laat somer, in die tyd dat die volwassenes hul leeftyd se  hoogtepunt bereik.

Die meeste diere wat beinvloed word deur die toksiene,  behoort gou te herstel nadat die bosluise verwyder is  met ‘n effektiewe dip.

Habitat beheer

treetraders.co.za/images/olienhout.gif

In die Karoostreke waar hier na die bosluise gesleep  word vir navorsing, word veral die larwes en nimfe  byna klokslag in baie groot hoeveelhede onder die  wilde olyf in die Karoo gevind. Dit is ook die ideale  koelteplek vir diere in die laat somer en moontlik die  belangrikste gedeelde of mikrohabitat waar die bosluis  op die skape klim wanneer hul daar lê. Sien tydperke  van besmetting in lewenssiklus.

Die bosse bied goeie skuiling op die rante wat vir baie  diere goeie beskerming teen die natuur se elemente bied.

Die eienskappe van die Wilde Olyf (Olea Africana)

– Immergroen
– Geronde bos met ‘n digte koepel as kroon
– Groei sowat 6-10 meter hoog en word beskou as ‘n  meduimgroeier wat sowat 500 mm ‘n jaar bereik.
– Geharde eienskappe teen ryp en koue
– Boom is ‘n gunstige habitat en bied beskerming vir ‘n  groot verskeidenheid voëls en diere in winter en somer,
– Takke op die grond skep ‘n ideale habitat vir bosluise  teen ongunstigde klimaatsomstandighede en veilige plek  teen dierehoewe

Strategiese bestuur van die bosluis.

As die habitat dalk moontlik bevordelik sou wees vir  die besmetting van diere gedurende die laatsomer, herfs  en wintermaande, sou een metode van beheer gewees  het om strategiese weiding toe te pas.

Dit sou beteken om die diere daardie tyd van die jaar  nie in kampe te laat wei, as dit moontlik sou wees, en ‘n  program te volg waar die wilde olyf se takke opgekap  word na bo, sien foto, om die bosluis se verkose habitat  gewoon te versteur.

Leave a Reply

Discover more from dipmasterblog

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading