Die Suid Afrikaanse Bontbosluis

Amblyomma hebraeum

Algemeen

Hartwater, naas rooiwater dra by tot verdere verliese onder wild en veeboere. Kom in die kusgebiede heeljaar voor en in die binneland waar koue en ryp wel voorkom, is die bosluis baie seisoenaal. Sowat 7% van die hartwaterbosluise is met die hartwaterorganismes besmet. Die hartwater organismes word nie ovariaal (m.a.w. deur die eier) na die volgende geslag toe oorgedra nie.  Die larf of nimf moet met die hartwater organisme deur ‘n bloedmaal besmet word, voordat dit oorgedra kan word.

Hartwater as siekte met die onderskeie stamme sal apart beskrywe word.

Laastens, dit is nodig om te weet dat daar nie so iets is as hartwaterweerstandigheid nie. Verdragingsvermoë teen een stam beteken nie dat weerstandigheid teen ‘n ander stam, soos die Ball, Kumm of Welgevondenstamme nie.

 Lewensiklus van die wyfie

  • Die kleurvolle bosluise is 3-gasheer bosluise wat bekend is vir hul vermoëns  om Ehrlichia ruminantium of dan hartwater  in beeste, bokke, wild en skape oor te
  • Die volgesuigde wyfie lê in die omgewing van 20 000 eiertjies. Nadat die  larwes uitgebroei het, soek hul ‘n geskikte  gasheer en voed wat enige iets tussen 7 –  14 dae kan neem. Die 6-pootige larwe val  daarna af, omvorm en verskyn daarna as  ‘n 8-pootige nimf.
  • Nimfe en volwassenes in die bontbosluisgroepe is kranige jagters.  Groot beroeringe vind op die grond plaas  wanneer hul agterkom dat ‘n potensiële  prooi in die omgewing is.
  • Die nimf heg dan aan die prooi, voed dan vir 7-14 dae, val dan af, omvorm oor ‘n  tydperk en verskyn daarna as ‘n  volwassene wat opnuut opsoek is na die  volgende gasheer.
  • As volwassene voed die wyfie tussen 7-9 dae waartydens paring ook plaasvind. Die  Amblyomma groep is groot bosluise en ‘n  wyfie kan tot 5 ml bloed opneem in die
  • Die volgesuigde wyfie val dan af, rus ‘n paar dae waarna sy begin om haar eiers te  lê en die nuwe geslag bosluise se  lewensiklus, wat oor ‘n tydperk van ‘n jaar  strek, begin weer. (Dit kan langer wees,  afhangende van natuurlike omstandighede  en uitdagings waarteen die bosluis  homself teen moet beskerm).
  • In eenvoudige taal, die Biologie is nooit ‘n vasgestelde gegewe nie. Dit verander  en pas aan na gelang van omstandighede.  ‘n Voorbeeld hiervan is die griepvirus;  die mens het geen idee na watter vorm dit  volgende muteer nie. Eers wanneer die  vorm van die mutasie duidelik is, kan  entstowwe daarteen ontwikkel word. Dit  beteken dat virusse soos die griepvirusse  die wetenskap moontlik altyd effe voor is.

Die mannetjie bontbosluis

  • Die mannetjies se lewensiklus is die dieselfde as die wyfie, behalwe dat  wyfies slegs op ‘n prooi sal heg as en  wanneer daar reeds volwasse mannetjies  op die prooi teenwoordig is.
  • Die interessante vraag is hoekom?
  • Mannetjies moet vir ongeveer 6 dae voed voordat hul geslagsryp is en met  geslagsrypheid begin die volwasse  mannetjies om feromone af te skei wat  soekende volwasse wyfies aanlok. Die  feromone lok ook ander nimfe en ander  mannetjies van die omgewing en die  prooi kan skielik oortrek word van
  • Die mannetjies kan tussen 2 en 4 maande langer op dieselfde prooi aanbly maar hul  lewensiklus word as ‘n gemiddeld in  sowat 1 jaar voltooi.

Seisoenale bedrywighede

Larwes se aktiwiteite vind hoofsaaklik in die laat  somer plaas, waarna die nimfe in die winter  hoogs aktief is en volwassenes dan hoofsaaklik in  die somer. In die warmer gebiede in KwaZulu-  Natal, Limpopo Provinsie en Mpumalanga vind  die bontbosluis se aktiwiteite deurlopend deur  die jaar plaas.

Bontbosluise benodig baie vog en hitte, bosse en  struike en oorleef nie maklik in oop grasvlaktes  nie.

Wat is belangrik om in ag te neem van die  groep bosluise se lewensiklus?

Die bosluis se lewensduur is sowat ‘n jaar, maar  sy voedingstydperke is slegs 7-14 dae op sy  prooi waarna dit afval en sy lewensstadia die res  van die tyd in skuilings op die grond en bosse  waar hulle nie gesteur word nie voltooi.

  • Dit beteken dat die bosluis slegs sowat 6 weke van die 52 weke van ‘n jaar op ‘n  prooi teenwoordig is.
  • Dit is bekend dat die larwe sy eerste maaltyd neem op ‘n rot of slang of voël  waarna dit afval om te omvorm na sy  volgende lewensstadia.
  • Die nimfstadium se bloedmaal word op ander kleinerige diere geneem waar  bosluisbeheer nie op kan of moet  plaasvind nie
  • Die volwasse stadia word dan gewoonlik voltooi op diere van ekonomiese waarde  soos beeste wild, bokke en skape.
  • Dit moet egter onthou word dat die hartwater ter enige tyd van die bosluis se  lewensiklus oorgedra kan word.
  • Dit moet ook onthou word dat slegs sowat 10% van al die bosluise wat van  veeartsenykundige belang is, siektes  Die ander 90% is potensiële  draers maar nie noodwendig besmet met  die siektes van ekonomiese belang nie.
  • Die bosluise se monddele is goed en baie sterk gevorm en hul monddele veroorsaak  klein wonde wat die spykerwurm of  Chrysomyia bezziana kans gee om sy eiers  te lê

Die vraag is dus;

  • Hoe beheer mens nou die 3- gasheerbosluise as dit hul lewensiklus is  en, hul slegs sowat 7 tot 9 dae heg in 52  weke op plaasdiere of wild van  ekonomiese belang heg?
  • Wanneer moet beheer dan nou plaasvind as die eerste simptome van hartwater eers  sowat 19 tot 21 dae nadat die dier gebyt  is, te voorskyn kom?
  • Watter een van die sowat 21 + hartwaterstamme dra die bosluise nou oor?
  • Die argument dat diere wat verhandel word “hartwaterbestand” is, dra natuurlik  Die vraag is net teen watter van  die hartwaterstamme? Die feit dat die  dier teen een hartwaterstam  weerstandigheid toon, beteken nie dat dit  weerstandig gaan wees teen ‘n ander  hartwaterstam wat enkele kilometers  verder aktief is nie.
  • Hoe word die verspreiding van hartwaterstamme dus voorkom?
  • Dan, net om als mooi deurmekaar te maak, die produsent het bosluise nodig  om sy diere se immuniteit op te hou en te  verhoed dat sy diere hul verkrygde  verdraagsaamheid teen die  bosluisgedraagde siektes verloor.
  • Besmette diere en die wyses waarop dit ingebring, aangekoop en verhandel word  speel ‘n belangrike rol in die verspreiding  van bosluisgedraagde siektes.

Pierre van Niekerk

 

 

Leave a Reply

Discover more from dipmasterblog

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading