Bontpootbosluise: Genus Hyalomma.
(Notas geneem van ‘n lesing van Prof Ivan Horak te Bloemfontein)
Daar is sowat 21 bontpootbosluisspesies wêreldwyd geïdentifiseer en 3 van die 21 bontbosluisspesies kom in Suid Afrika voor.
Kenmerke
Dit is ‘n groterige bruinbosluis met lang bene en baie kenmerkende bont gestreepte pote het, net so voor die litte op die pote. Die 3 verskillende bosluisspesies word naas hulle pote uitgeken aan hul lywe
Die 3 spesies te vinde in SA
- Die Hyalomma marginatum rufipes of grootbontpootbosluis, veral die mannetjies, (hul naam het nou amptelik na iets anders verander, is eintlik blinkswart met sy kenmerkende
- Die Hyalomma marginatum turanicum staan bekend as die vaalbontpootbosluis en het baie ligter bene met diep-rooi ringe om die litte van sy pote. Hierdie spesie is hoofsaaklik tot die Karoo gebiede beperk
- Die Hyalomma truncatum staan as die klein gladde bontbosluis bekend is kleiner maar mens sal nie maklik die onderskeid met die blote oog van die ander soorte kan waarneem nie.
Die skild (skutum) van die bosluise is egter kliphard.

As jy veral die mannetjies wil dooddruk met die vinger, slaag mens nie sommer daarmee nie. Dit beteken die bosluis kan harde ruwe behandeling maklik hanteer.
Monddele
Die ander kenmerk naas sy kleurvolle bont pote is dat dit baie lang monddele het wat diep in die vel van sy prooi heg. As jy hom wil platdruk of aftrek, veroorsaak dit maklik ‘n bloederige wondjie wat ‘n ideale habitat is vir die beesbrommer, (Chrysomyia bezziana), om sy eiers in te lê.
Dit veroorsaak dan dat die bees of maaiers kry. Die bosluise is baie lewendig en die volwasse bosluise jag hul prooi letterlik in. Een van hul kenmerke is om in skaduryke plekke weg te kruip, waarvandaan dit skielik angstig raak en sy prooi soek wanneer dit klank of trillings op die grond voel.
Siektes verwant aan die bontpootbosluise
Die bosluis is nie heeltemal bekend daarvoor dat hy enige bosluisgedraagde siektes/organismes oordra nie. Daar word dus nie virusse of bakterie wat van veterinêre belang gereken word, aan die bosluisgroepe toegedig nie.
By die klein gladde bontbosluis, (A. truncatum), dra sommige van die stamme by volwassenheid toksiene vir sweetsiekte oor wat ook dodelik vir skape en varke kan wees.
Bokke is blykbaar redelik bestand teen die toksiene. Dit is bekend dat die bosluis die vermoë het om geslagte lank die vermoë behou om die toksiene te vervaardig
Gevolge by die mens
Daar is in die Literatuur gevalle aangeteken waar hierdie bosluis se byt verlamming by die mens veroorsaak het.
Die volgende is veral belangrik; die gladde bontbosluis of (A. truncatum), is die bosluis wat Kongo- hemorragiese koors by die mens oordra. Die bosluis is parasiteer graag op mense en is daar geen rede waarom die groepe bosluise nie in die toekoms belangriker rolle in die droër klimaatstreke gaan speel nie
Ekonomiese verliese
Wat die bosluis wel doen is om bytwonde te veroorsaak wat sekondêr tot die skade kan lei. Naas die beesbrommer se maaiers, word die bytwonde ook sekondêr deur verskeie bakterie besmet. Ander skade is die afsterf van spene, absesse, afval van stertkwasse, swelsels, verlamming en vrotpootjie.
Voorkoms
Hierdie bosluise kom wydverspreid in Suid Afrika voor en is veral baie bedrywig in die droër gedeeltes van ons land. Hul word net by sekere kusgebiede waar die lugvog te hoog is, nie gevind nie.
Dit kan egter gebiede wat droë lugvog het en tot 700 mm reën per jaar ontvang, binne dring. Om te spekuleer hoe die bosluis gaan uitbrei weens klimaatsverandering, is iets wat mens maar sal moet wag en sien.
Baie belangrik om te onthou in beheer is dat hierdie groep bosluise nie uitsluitlik van vog afhanklik is nie en, kan vir baie lang periodes sonder water klaarkom.
Oorlewing
Sou klimaatsomstandighede hul nie pas nie, “verdwyn” hul sommer vir ‘n wyle en kan hulle vir baie lang periodes sonder ‘n bloedmaal klaarkom. Volgesuigde nimfe kan tot 5 maande oorwinter voordat hul vervel. ‘n Volgesuigde wyfie kan vir 8 maande wag voordat sy eiers lê wat enige iets kan wees van 10 000 tot 15 000.
Hierdie bosluisgroepe kom orals in die Karoo, Kalahari, Botswana en Namibië voor en hul sal as die klimaatsomstandighede gunstig is, soos bo beskrywe, heeljaar aktief wees.
Gashere
Die mens, beeste, skape, bokke, perde, renosters, elande, buffels, wildebeeste en verskeie ander wildsoorte.
Dit word nie graag op die katspesies en ander roofdiere gevind nie. Dit toon ook in die literatuur geen goeie verteenwoordiging op reptiele, klaasneuse, muise en rotte nie. Dit is ook in ‘n mindere mate op hase en dan wel op sekere voëls waar dit aan die kop en of kroontjie heg.
Voorkeur vashegting aan die prooi
Stertpunte, spene, anus, geslagsdele, perinium, kloutjies en hakskene. Op voëls kom die nimfe op die voëls se kroontjie voor
Lewensiklus
Hierdie bosluis is ‘n tweegasheerbosluis wat hul lewensiklus in een jaar voltooi.
- Hulle het ook vele ander gashere waarop hulle kan oorlewe
- Hul pas baie goed in die omgewing aan deur onaktief te raak as die klimaat hulle nie te pas nie en
- Voed tussen 4-7 dae in hul larwestadium, waarna hul afval en na ‘n rustydperk, omskakel na ‘n nimf toe.
- Daarna klim die nimf op die finale gasheer om die lewensiklus te voltooi, voed as nimf ‘n keer van 4-7 dae en bly op dieselfde gasheer geheg en gaan weer in ‘n rustende periode in, waarna die volwasse bosluis na ‘n tydperk ontluik, ‘n bloedmaal neem, afval en eiers lê.
- Hul kan in droogtetoestande maande lank onaktief bly
- Hul kan in onbeheerde toestande, veral waar beheer nie strategies toegepas word op bv. wild en beeste nie, maande lank op dieselfde gasheer bly om te oorleef, waarna die wyfie afval om tussen 10 000 en 15 000 eiers te lê.
Pierre van Niekerk ©
pierre@dieregesondheid.co.za



Leave a Reply